Gebruik die broodmasjien se eie koppie en maatlepel.
Skraap oor die bo-rand van die koppie en maatlepel met die stomp kant van die meslem wanneer jy die bestanddele afmeet.
Die sout en gis moenie gemeng word nie.
Hou by die volgorde van die resep.
1. Meet eers 3 koppies meel af en hou eenkant.:2. Smeer die metaal klitser goed met margarien en klik in posisie.3. Plaas nou die broodpan in die broodmasjien en klik in posisie.4. Voeg by 3 eetlepels sonneblom olie, een koppie louwarm water, 1½teelepel sout, 3 eetlepels wit suiker5. Strooi die meel bo-oor en maak ‘n holte bo-op die meel. Plaas 2¼ teelepels aktiewe kitsgis in die holte.6. Maak die deksel toe en kies COLOR (Light), 1.5LB en Program 1 (Basic).7. Na 3 ure is die brood gereed, verwyder uit die pan en laat op ‘n draadrak afkoel.
Onthou: Mens sny nie brood nie. Mens SAAG brood. Veral so lekker warm, varsgebakte broodjie!
Dit lyk ongelooflik lekker. O my gosh.
ReplyDeleteEn dit is ook! Dankie vir jou kommentaar!
ReplyDelete